Enkellopendes: Waar Afrikaanse Singles Sedert 2011 Ontmoet
Sluit gratis aanDie afdeling van Afrikaans Singles vir mense wat ’n verhouding soek.
Al sedert 2011 ’n plek om weer te begin
Enkellopendes is sedert Mei 2011 aanlyn, en saam met Goue Oues en Stoutes een van die drie afdelings van Afrikaans Singles.
Vandag is daar drie afdelings, en die ou webwerf het dit mooi gestel: elkeen is uniek, met sy eie soort mense. Enkellopendes is vir verhoudings, Goue Oues vir enkellopendes van 40 en ouer, en Stoutes vir volwassenes wat ongebonde pret verkies. Elkeen het sy eie lidmaatskap, en jy sluit apart by elkeen aan.
Vir mense wat ernstig is oor liefde
Enkellopendes bestaan vir mense wat ’n verhouding wil hê. Nie elke gesprek hoef in ’n troue te eindig nie, maar hier begin jy met die hoop op iets wat hou: iemand om ná werk mee te gesels, mee vakansie te hou en dalk mee oud te word.
Of jy ná ’n egskeiding of ’n breuk pas alleen is, of al jare op jou eie, Enkellopendes is gemaak vir die oomblik wanneer jy voel jy is weer reg vir iemand. Jy hoef nie alles uitgewerk te hê voordat jy begin nie.
Die ou Enkellopendes-blad het dit eenvoudig gestel: dis vir mense wat onlangs alleen is, en vir wie so iemand wil ontmoet. Daardie gedagte het gebly; net die webwerf is nuut.
Enkellopendes van oral in die land
Enkellopendes het meer as 1 100 lede, en ongeveer ’n derde van hulle is vroue. Omtrent een uit vier is tussen 35 en 44, en nog een uit vyf tussen 45 en 54. Gauteng lei, gevolg deur die Wes-Kaap en Mpumalanga, maar daar is lede in elke provinsie, en byna almal woon in Suid-Afrika.
Wil jy weet hoe Afrikaanse dating in jou eie streek lyk? Die plekke-bladsy van Afrikaans Singles het ’n bladsy vir stede en streke van Kaapstad tot Polokwane.
Huisreëls vir ’n goeie eerste gesprek
Ses eenvoudige reëls, sodat elke gesprek met respek begin:
- Wees jouself
- Laai onlangse foto’s van jouself op en vertel die waarheid oor hoe oud jy is en waarna jy soek.
- Respekteer ’n nee
- As iemand nie belangstel nie, aanvaar dit vriendelik en gaan aan. Moenie aanhou boodskappe stuur nie.
- Vra nooit vir geld nie
- Nie vir ’n lening, ’n kaartjie of ’n noodgeval nie. Wie jou vir geld vra, kan jy dadelik rapporteer.
- Net vir volwassenes
- Jy moet 18 of ouer wees om by Enkellopendes aan te sluit.
- Een persoon, een profiel
- Maak net een profiel, vir jouself, en gebruik nooit iemand anders se foto’s nie.
- Hou ander se privaatheid in ag
- Deel nie iemand anders se foto’s, nommer of boodskappe sonder hul toestemming nie.
Oortree iemand die reëls, blokkeer of rapporteer hulle van hul profiel af of uit die gesprek. Op ons veiligheidsblad is meer raad vir wanneer jy weer begin date.
Weet wat jou te wagte staan
Sien op die kenmerke-bladsy wat jy op Enkellopendes kan doen, en op die pryse-bladsy wat VIP en VIP Plus kos. Wil jy meer weet oor die hele webwerf, lees oor Afrikaans Singles.
Wonder jy of Afrikaans Singles eg is? Ons gids Is Afrikaans Singles eg? antwoord reguit. Of begin sommer op die Enkellopendes-tuisblad.

